GOEDE HOOP SITRUS
geskep. Vir elke werker aan wie jy werk gee, ondersteun jy vier tot ses mense wat direk by die ketting betrokke is. Dit kan groei tot 10 afhanklikes per werksgeleentheid.
“ As ons in die hoogseisoen werk aan tussen 600 en 800 mense gee, groei die syfer maklik tot tussen 15 000 en 16 000 mense wat direkte voordeel uit Goede Hoop Sitrus se bedrywighede put,” verduidelik André oor die maatskappy se rol in die bedryf en in Citrusdal en die omgewing.
“ Vir Goede Hoop Sitrus is hierdie mylpaal’ n teken van volhoubaarheid en vertroue. Dit spreek van gesonde finansiële bestuur, innovasie en’ n fokus op kernwaardes. Dit ver-
Onder: Enkele lede van Goede Hoop Sitrus se bestuurspan met wie daar onderhoude gevoer is: Van links is Nico Smuts, menslikehulpbronbestuurder; Pierre Hough, bemarkingsbestuurder; André Nel, besturende direkteur; en Wayne Murray, bedryfsbestuurder. Abrie Louw, finansiële direkteur, en Le Riche du Plessis, finansiële bestuurder, vorm ook deel van die bestuurspan, maar was nie teenwoordig tydens die fotosessie nie.
84 GROND TOT MOND JUL 2026