Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 85

GOEDE HOOP SITRUS

sterk en bevestig ook ons posisie as’ n geloofwaardige en toekomsgerigte onderneming. Uiteindelik gaan die bereiking van 100 jaar minder oor terugkyk en meer oor die versterking van die fondament vir die volgende eeu,” meen André.

MARKTOEGANG WAT WAARDE OP PLAASVLAK SKEP

Pierre Hough, bemarkingsbestuurder van Goede Hoop Sitrus, beaam hierdie siening en glo die maatskappy se vernaamste doelwit is om maksimum waarde vir produsente op plaasvlak te verseker.

“ Deur die jare het ons op produsente bly fokus deur toegang tot van die wêreld se voorste supermarkte te skep. Dit het bogemiddelde opbrengste en langtermynverhoudings bewerkstellig. Ons het gevind dat die enigste manier om dit reg te kry, is om sterk en volhoubare verhoudings

JUL 2026 GROND TOT MOND 85