GOEDE HOOP SITRUS
STRATEGIESE BELEGGINGS VIR PRODUSENTEGROEI
In die proses is’ n gedeelte van die produsente se risiko weggeneem. Reeds in 2014 / 15 het Goede Hoop Sitrus saam met produsente bykans 800 ha se bykomende aanplantings geïnisieer om hul produkmandjie te verbreed. Die aanplantings is gevestig om aanbod met markaanvraag en ekonomiese vooruitgang op plaasvlak te belyn. Die maatskappy het die plantmateriaal verskaf, terwyl produsente die verdere ontwikkeling op beskikbare grond onderneem het.
“ Ons is lojaal teenoor GHS, maar nog belangriker is dat hulle ook lojaal teenoor ons as produsente staan.”— Dirk Olivier
“ Meer onlangs, en veral met Covid, het die internasionale speelveld verander en markte mededingender geraak namate produksie, waardekettingkoste en die internasionale aanbod van ander sitrusrolspelers toegeneem het. Die aandeelhouers het daarom besluit dat produkspesifieke bemarking die beste roete vorentoe is. Dit het gelei tot Good Hope Marketing in 2023,’ n sitrusbemarkingspesialis wat reeds enorme voordele vir produsente en Goede Hoop Sitrus bied.
“ Die volhoubaarheid van die maatskappy word ondersteun deur besluite wat oor die afgelope dekade geneem is. Dit sluit beleggings in CFC en APL in, waarvan laasgenoemde die enigste kartonvervaardiger in Suid-Afrika met produsenteaandeelhouding is. Daar is ook belê in koelbergingsfasiliteite in Kaapstad, Citrus Juices vir sapprosessering, Future Fresh Freight( FFF), nuwe aanplantings en personeelaandeelhouding deur die personeeltrust in Goede Hoop Sitrus.”
82 GROND TOT MOND JUL 2026