GOEDE HOOP SITRUS
ting van The Good Hope Co-operative Citrus Company Limited. Die koöperasie het vinnig gegroei en in die vroeë 20ste eeu was daar reeds meer as 150 000 sitrusbome in die streek.
“ Oor die dekades het die maatskappy gehelp om Citrusdal en die wyer Olifantsriviervallei in een van Suid-Afrika se belangrikste sitrusproduserende streke te omskep. Een van die belangrikste bydraes was om uitvoerkanale te skep. Ons het’ n groot rol in Capespan en Outspan, asook in die stigting daarvan, gespeel.”
Sedert 1997, toe eenkanaalbemarking grootliks weggeval het, het GHS bygedra tot die konsolidering van’ n gefragmenteerde bedryf waarin elkeen sy eie rigting ingeslaan het. Samesmeltings met ander organisasies, waaronder organisasies in die peer- en appelbedryf met’ n sitrusarm, het’ n nuwe era vir sitrusbemarking ingelui. Die onderneming is in Maart 2000 van’ n koöperasie na’ n maatskappy omgeskakel.
Onder: Citrusdal, die tuiste van Goede Hoop Sitrus, lê skilderagtig tussen die Sederberge en uitgestrekte sitrusboorde.
JUL 2026 GROND TOT MOND 81