Woorde: Danie Keet | Fotografie: Mia Truter
GOEDE HOOP SITRUS
Woorde: Danie Keet | Fotografie: Mia Truter
“ Om 100 jaar in die sitrusbedryf te kan oorleef, verg veerkragtigheid, gedissiplineerde rentmeesterskap en die vermoë om oor generasies heen te ontwikkel.”
Bo: Goede Hoop Sitrus se pakhuise vertel’ n 100 jaar lange verhaal van groei, veerkragtigheid en vooruitgang, van’ n beskeie begin in 1926 tot’ n moderne sitrusleier wat vandag nasionaal en internasionaal erken word.
Aan die woord is André Nel, besturende direkteur van Goede Hoop Sitrus( GHS) in Citrusdal, wat vanjaar sy 100ste bestaansjaar vier. Die maatskappy is reeds in 1926 gestig en het van’ n beskeie begin tot’ n toonaangewende maatskappy gegroei wat nasionaal en internasionaal as’ n leier in die sitrusbedryf beskou word.
SAAMSTAAN LÊ DIE GRONDSLAG
Baanbrekerswerk vir die totstandkoming van die huidige maatskappy en die vestiging van die groeiende sitrusbedryf in die Wes-Kaap is reeds in 1926 gedoen met die stig-
80 GROND TOT MOND JUL 2026