Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 79

DIVERSIFIKASIE | HARMONIE

Bo: Vandat Nicol meer organiese materiaal in sy boorde ingewerk het, het die grondgesondheid dramaties verbeter.

noukeurig monitor. Die nette behoort terselfdertyd beskerming teen voëlskade en die sterk middagwinde te bied. Hy verwag dat beter gehalte vrugte en beter uitpakke die koste van die nette sal regverdig.

“ Sover my kennis strek, is dit die eerste aanplantings van uitvoerappelkose en makadamias in die omgewing. Tot dusver lyk die resultate belowend. Ek was nog altyd bereid om risiko’ s te neem en iets nuuts aan te pak. Ek glo ek kan hiermee sukses behaal en dat die meeste uitdagings met tegnologie oorkombaar is.”

JUL 2026 GROND TOT MOND 79