HARMONIE | DIVERSIFIKASIE
soveel risiko’ s aangaan. My antwoord was dat, as ek nie’ n gelowige was nie, ek nie moes kom boer het nie.”
NETTE BESKERM DIE NUWE AANPLANTINGS
Nicol hou sy vaste arbeidsmag klein en gebruik kontrakwerkers in seisoentye om koste te beperk. Hy beplan ook om met materiaal van Agrimark Vredendal’ n netstruktuur oor die appelkoosaanplantings op te rig om skade deur voëls te beperk.
“ Sover my kennis strek, is dit die eerste aanplantings van uitvoerappelkose en makadamias in die omgewing.”
“ Wanneer die appelkose ryp en soet is, is daar niks anders in die omgewing vir die voëls om te vreet nie, so hulle kan groot skade aanrig. Die nette sal ook die bome teen die middagwinde beskerm, veral in Oktober wanneer hulle uit die suide waai.”
Daar kan moontlik’ n bietjie humiditeit onder die nette opbou, maar Nicol glo dit kan ook daartoe bydra dat die vrugte vinniger ryp word. Hy sal die uitwerking daarvan
0 GROND TOT MOND JUL 2026