Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 77

DIVERSIFIKASIE | HARMONIE

Bo: Die makadamiaboorde op Harmonie is gesond en aard goed in die omgewing.

in’ n mikrogolfoond gedoen: As die olie reg is, dryf die neute. Daarna word die oes in een pluk afgehaal. Omdat die neuteseisoen direk op die druiweoes volg, kan Nicol sy werkers oor’ n langer deel van die jaar besig hou.

Nicol glo goeie grondgesondheid is die sleutel tot makadamiaproduksie. Mikro-elemente en noukeurige bestuur is veral belangrik in die sandgrond waarin hy geplant het. Die siektedruk is laer as in tradisionele produksiegebiede omdat daar nie ander makadamiaboorde in die omgewing is nie. Dit stel hom in staat om bitter min te spuit en die boorde geleidelik nader aan biologiese produksie te bestuur.

Hy verwag dieselfde voordeel by die appelkose.“ Dis vir my’ n leerproses.’ n Mens moet baie geloof hê. My suster het my gevra hoekom ek nog doen wat ek doen en

JUL 2026 GROND TOT MOND 77