Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 76

HARMONIE | DIVERSIFIKASIE

HANDEARBEID HOU DIE SEISOENE AAN DIE GANG

Soos appelkose word makadamias met die hand geoes. Werkers gebruik lang bamboespale om die neute af te slaan, waarna dit onder die bome versamel en na die verwerker gestuur word. Nicol lewer aan Green Farms Nut Company naby Durban, wat die neute opkoop, verwerk en uitvoer.

“ Handearbeid is in albei gevalle die antwoord. Die appelkoosprys is tans goed, so as ek’ n goeie opbrengs per hektaar kan realiseer, gee ek nie om vir die meer hande wat nodig is om dit te oes nie.”

Die makadamiaseisoen begin net nadat die wingerde klaar geoes is. Hulle maak teen einde Maart met die druiwe klaar en begin daarna met die neute, wat help om die werkers langer besig te hou.

Voor die oes word die neute getoets om vas te stel of die olie-inhoud reg is. Die toets word gewoonlik

0 GROND TOT MOND JUL 2026