Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 75

DIVERSIFIKASIE | HARMONIE

Omdat daar nie ander makadamiaboorde in die omgewing is nie, is daar minder kans dat siektes van een boord na’ n ander versprei. Dit verskil van wingerde, waar siektes maklik deur die wind tussen aangrensende blokke en plase versprei. Hulle gebruik slegs middels wat die valskodlingmot se paringsiklus versteur. Die motte kan nie deur die neut se omhulsel boor nie, maar kan veroorsaak dat die neute voortydig afval.

Nicol wil graag meer organies of biologies boer, maar sê verbruikers is nog nie altyd bereid om’ n premie daarvoor te betaal nie.

“ Ek was nog altyd bereid om risiko’ s te neem en iets nuuts aan te pak.”

Hy eksperimenteer voortdurend en het verlede jaar beeskoppe gebruik om onkruid in die boorde en wingerde plat te slaan sonder om chemiese middels te spuit. Dit het gewerk, maar arbeid, brandstof, tyd en bestuur maak die praktyk moeiliker om op groot skaal toe te pas.

“ As jy vir’ n wingerdboer wat 300 ha wingerde moet skoonmaak, sê hy moenie spuit nie en eerder’ n beeskop gebruik, gaan hy vir jou lag, en ek verstaan dit. As kleiner boer kan ek makliker aanpas, na’ n ander bedryf omskakel en praktyke fyner bestuur.”

JUL 2026 GROND TOT MOND 0