Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Página 74

HARMONIE | DIVERSIFIKASIE

Bo: Elke makadamiaboom het’ n fogger wat vogtigheid op dae met lae humiditeit in die bome laat optrek.

GRONDGESONDHEID BO CHEMIE

Nicol het baie organiese materiaal, insluitend droë druiwedoppe, in breë stroke in die boorde ingestrooi. Dit het vanself gekomposteer, soveel so dat daar nou selfs sampioene onder die bome groei, al styg die temperatuur op sommige somersdae tot bo 40 ° C.

“ Ek probeer wegbly van onkruiddoders en slaan die onkruid met wat ons‘ beeskoppe’ noem, soortgelyk aan‘ weedeaters’, net groter. Ek gebruik geen chemie in die boorde nie.”

74 GROND TOT MOND JUL 2026