Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 73

DIVERSIFIKASIE | HARMONIE

Met die tweede aanplanting’ n paar jaar gelede het hy 6 ha met kultivars soos Nelmak en A4 aangeplant. Dié aanplanting het sowat R100 000 beloop, maar toe het hy geweet waarna om te kyk. Die ervaring met die eerste bome het hom geleer dat’ n swak begin later moeilik reggestel kan word. Plantmateriaal, wortelontwikkeling en die voorbereiding van die grond moet van die begin af reg wees.

“ As jou bome nie reg is nie, gaan dit nie werk nie. Gelukkig is ons klimaat reg vir die bome. Hulle soek goedgedreineerde grond, en die grond waarin ek hulle geplant het, is feitlik’ n sandduin.”

Onder: Insekte soos die valskodlingmot word biologies beheer, iets waarop Nicol baie klem lê.

JUL 2026 GROND TOT MOND 73