Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 72

HARMONIE | DIVERSIFIKASIE

Bo: Die grond in die makadamiaboorde is nou so geil dat selfs sampioene daar groei.

miditeit te laag is. Tydens gesprekke met’ n studiegroep is hy gewaarsku dat die bome moontlik nie hier sou aard nie. Nicol het egter tegnologie ingespan om dit te hanteer en by elke boom’ n fogger geïnstalleer wat’ n misnewel vorm. Op dae met lae humiditeit help dit om meer vog rondom die bome te skep.

“ Tegnologie maak dat jy feitlik enigiets op enige plek kan laat werk. Ek het in elk geval toe reeds die bome aangeplant.”

Volgens Nicol is makadamias nie so moeilik om mee te boer nie, mits die plantmateriaal, voeding en grondgesondheid reg is. In KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo word groot oppervlaktes aangeplant en hoef die bome dikwels nie besproei te word nie, maar die siektedruk is daar hoog.

72 GROND TOT MOND JUL 2026