DIVERSIFIKASIE | HARMONIE
MAKADAMIAS BRING’ N STEIL LEERKURWE
Nicol is ewe entoesiasties oor makadamias en beskou dit as deel van die uitbreiding van sy produkaanbod op Harmonie.
“ Die neute was vir ons’ n groot leerkurwe. Min mense wil hul kennis deel omdat baie voel jy meng in met hul bedryf. Die belangrikste fout wat ek aanvanklik gemaak het, was dat ek swak plantmateriaal gekry het.”
Die eerste blok rondom die plaashuis is in 2011 aangeplant en is in volle produksie, maar die opbrengs is wisselvallig. Nicol het later geleer dat die swak groei aan die sogenaamde‘ J-root’-probleem te wyte is: Die jong bome het te lank in sakkies gebly, wat veroorsaak het dat die wortels nie reg ontwikkel het nie.
“ Tegnologie maak dat jy feitlik enigiets op enige plek kan laat werk.”
’ n Kontak in Nelspruit het hom sowat drie jaar gelede begin raad gee, en hulle praat nou byna daagliks oor makadamias.
Selfs dié kenner het saamgestem dat Nicol meer op appelkose moet fokus. Ander produsente het aanvanklik getwyfel of makadamias in die Vredendal-omgewing sou werk omdat die hu-
JUL 2026 GROND TOT MOND 0