Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 70

HARMONIE | DIVERSIFIKASIE

Bo: Een van Nicol Thiart se wingerde op Harmonie tydens die winterrus.

omdat die vrugte vinnig ryp word en’ n beperkte houvermoë het.”

Alles word met die hand gepluk en Nicol gebruik kontrakarbeid vir die oes. Die vrugte word halfgroen gepluk en kan verder ryp word, wat die risiko van vertragings by hawens help beperk.

Omdat hulle deur agente werk, hoef hy nie self die uitvoerlogistiek te bestuur nie. Die appelkose gaan hoofsaaklik na markte in Europa en Asië.

Hoewel hy nog besig is om die gewas te leer ken, meen Nicol die Vredendal-klimaat bied belangrike voordele. Die warm, droë somers bevorder hoë suikergehaltes, terwyl die beperkte humiditeit die siektedruk moontlik laer kan hou as in tradisionele appelkoosstreke. Die groot uitdaging bly om binne die kort plukvenster vinnig genoeg op te tree.

70 GROND TOT MOND JUL 2026