Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Página 69

DIVERSIFIKASIE | HARMONIE

Volgens Nicol is appelkose maklike groeiers, mits die grondgesondheid reg is. Hy plaas daarom baie klem op die minimum gebruik van chemiese en ander middels.

Die koue wintermaande is belangrik om die bome te laat rus en hul krag voor blomtyd te herstel. Van Augustus tot September bot die bome en vorm hulle wit tot ligpienk blomme. Die vrugte word in die somer ryp en daar is’ n relatief kort plukvenster van 3 tot 4 weke.

“ Hier in Vredendal het ons warm somers en die droë toestande is ideaal vir appelkose om hoë suikergehaltes te ontwikkel. Ons besproei uit die kanaal en’ n houerdam op die plaas. Wanneer oestyd aanbreek, moet ons vinnig reageer

Onder: Jong appelkoosbome.

JUL 2026 GROND TOT MOND 69