HARMONIE | DIVERSIFIKASIE
“ Ons was hoofsaaklik wyndruiweprodusente wat ook met groente geboer het, maar die druk waaronder die wynbedryf staan en stagnerende wynpryse het gemaak dat ek na alternatiewe gewasse begin kyk het wat meer waarde tot my beskikbare besproeiingswater kan toevoeg.”
“ Toe ek as kind met hoenders wou boer, het ek eers met die hoenders by die huis aangekom en daarna die hokke begin bou.”
Hy sê wingerde bly’ n besonder geharde gewas. Van sy blokke teen die rivier is feitlik elke winter onder water en tydens die onlangse vloede het die water op plekke tot 5 m bo die wingerde gestyg. Wanneer die water afloop, groei die wingerde eenvoudig verder. Tog verhoog die groot aantal wingerde in die streek ook die siektedruk.
Met appelkose en makadamias is die leerkurwe groter. Daar is min makadamiaprodusente in die omgewing en die bedryf is volgens hom taamlik geslote. Hy moet dus grootliks self leer namate hy aangaan.
APPELKOSE PAS BY DIE KLIMAAT
Die droogte van 2018 / 19 het’ n groot invloed op Nicol se besluit gehad om met appelkose te begin boer. In 2024 het hy 3 ha Golden May,’ n TopFruit-variëteit, aangeplant en in 2025 nog 3 ha Imperial( Palsteyn),’ n oop variëteit, wat sowat 1 250 bome beslaan.
Imperial is veral geskik om te droog, terwyl Bulida tans een van die gewildste kultivars is en ongeveer 47 % van aanplantings uitmaak. Dit lewer’ n groot, geel vrug wat geskik is vir inmaak en ook vir die varsmark aangeplant word.
68 GROND TOT MOND JUL 2026