Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 67

VAN WINGERDE NA NUWE GEWASSE

DIVERSIFIKASIE | HARMONIE

Dit is nie’ n oorhaastige besluit nie, maar’ n berekende poging om meer waarde uit sy beskikbare besproeiingswater te haal in’ n tyd waarin die wynbedryf onder toenemende druk verkeer. Hy toets nuwe moontlikhede versigtig, maar is bereid om die risiko te neem wanneer hy glo die grond, klimaat en mark bied genoeg potensiaal.

“ My ma het altyd gesê ek waag te veel,” vertel hy met’ n glimlag.“ Toe ek as kind met hoenders wou boer, het ek eers met die hoenders by die huis aangekom en daarna die hokke begin bou.”

Hulle het aanvanklik op 80 ha geboer, hoofsaaklik op besproeiingsgrond, waar kultivars soos colombar, shiraz, chenin blanc en muskadel die grootste deel van hul opbrengs uitgemaak het. Vandag verskuif Nicol die fokus van wyndruiwe na appelkose en makadamianeute.

Onder: Makadamianeute is van die nuwe gewasse wat in die Vredendal-omgewing verbou word.

JUL 2026 GROND TOT MOND 67