Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 66

Woorde: Danie Keet. Fotografie: Mia Truter
HARMONIE | DIVERSIFIKASIE

EIENAARS: Nicol Thiart AREA: Buite Vredendal, Wes-Kaap OPSOMMING:’ n Boerdery wat tradisioneel op wyndruiwe gesteun het, maar nou toenemend na appelkose en makadamianeute skuif om meer waarde uit beskikbare besproeiingswater te haal. Nicol fokus op grondgesondheid, tegnologie en versigtige diversifikasie om nuwe moontlikhede in die Vredendal-klimaat te ontsluit.

Woorde: Danie Keet. Fotografie: Mia Truter

Nicol Thiart is nie bang om’ n nuwe rigting in te slaan nie. Op Harmonie buite Vredendal, waar wyndruiwe lank die grondslag van die boerdery gevorm het, maak hy toenemend plek vir appelkose en makadamianeute.

Bo: Nicol Thiart van Harmonie buite Vredendal, waar hy met wyndruiwe, appelkose en makadamianeute boer.

66 GROND TOT MOND JUL 2026