Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 65

BROKKIES | NUUS

termyn te laat groei. Die kompetisie plaas ook klem op die rol wat jong boere as leiers in hul gemeenskappe en die breër landbousektor speel.

Anton Pelser en sy pa, Anton Pelser sr., by die Astro Anguskudde op Broodsnyersplaas. Anton, Agri Mpumalanga se Jongboer van die Jaar 2026, bou voort op’ n derdegeslagfamilieboerdery met’ n sterk fokus op graanproduksie, stoetveeboerdery en volhoubare groei.

TWEE UITEENLOPENDE BOERDERYE MET EEN DOEL

Hoewel Richard en Anton onder uiteenlopende omstandighede boer, deel hulle’ n sterk fokus op goeie bestuur, hul mense en die volhoubare groei van hul ondernemings. Hul provinsiale oorwinnings plaas ook die kollig op’ n nuwe geslag produsente wat gevestigde landboukennis met moderne denke, tegnologie en strategiese leierskap kombineer.

JUL 2026 GROND TOT MOND 65