Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 62

NUUS | BROKKIES

“ Elke persoon moet weet hulle maak saak. Dis hoe jy’ n kultuur bou.”

FINANSIËLE BESTUUR KAN’ N BOERDERY MAAK OF BREEK

Produkpryse en markbewegings verg finansiële besluite wat goed deurdink moet word.“ Ons het altyd’ n plan op die tafel oor wat ons nodig het om ons planne te kan deurvoer. Hoewel ons nie lank vooruit weet watter prys ons vir ons produkte gaan kry nie, omdat ons afhanklik is van die wisselkoers en oorsese markpryse, werk ons met geskatte pryse in ons bestuursmodelle. Ons begin altyd met’ n baie konserwatiewe begroting en soos sake duideliker word, besluit ons watter aanpassings gemaak kan word.” Die gebruik van tegnologie op verskeie vlakke van die boerdery word toenemend’ n aspek wat baie aandag geniet. Die stelsels wat vir onder meer besproeiing, arbeidsake soos’ n klokstelsel vir werkers en finansiële toepassings gebruik word, is met mekaar geïntegreer.“ Dit maak alles eenvoudiger en meer akkuraat. Produksiebesluite kan betyds geneem word en bestuurders word onmiddellik ingelig om vinnig te reageer. Toesighouers gebruik slimfone vir effektiewe kommunikasie en datainsameling, wat op’ n sentrale stelsel gestoor word. Bestuurders het dan onmiddellik toegang tot hierdie data. Dit maak dit makliker om goeie bestuur sowel op die plaas as in die kantoor toe te pas. Ons kan byvoorbeeld sien wat in elke boordblok gebeur sonder om fisies daar te wees. Dit help ons om beter besluite te neem, veral omdat twee van die plase in die Villiersdorp-distrik geleë is.” Ondanks die gebruik van tegnologie en moderne

62 GROND TOT MOND JUL 2026