Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 61

BROKKIES | NUUS

“ Ons mense is die rede waarom die boerdery werk. As hulle goed werk, werk alles goed.” Richard glo dat respek en waardigheid nie sagte bestuurskonsepte is nie, maar praktiese noodsaaklikhede vir produktiwiteit.“ Jy moet mense laat verstaan hoekom hulle werk doen. Dan verander hul hele benadering.”’ n Sleutelbegrip in Richard se bestuurpraktyk is wat hy die“ ekstra 1 %” noem.

“ Ons soek voortdurend na daardie ekstra 1 %. Klein verbeterings, elke dag.”

“ Ons soek voortdurend na daardie ekstra 1 %. Klein verbeterings, elke dag. Dis nie groot veranderinge nie; dis konsekwente verbeterings. Die ekstra insit wanneer niemand sien nie. Doen wat jy goed doen en doen dit goed. As jy te veel goed probeer doen, begin alles uiteindelik daaronder ly,” is sy uitgangspunt. Omdat hul personeel só’ n groot komponent van hul sukses is, is interne ontwikkeling van personeellede’ n belangrike deel van die onderneming se kultuur. Elke jaar word’ n groep werknemers vir leierskap- en persoonlike ontwikkeling geïdentifiseer, van operateurs en junior toesighouers tot potensiële bestuurders. Hulle ontvang maandelikse opleiding en individuele begeleiding, met’ n fokus op praktiese toepassing eerder as teorie.“ Jy sien nie altyd onmiddellik die resultate nie, maar oor tyd verander dit mense se lewens en dit is dan ook sigbaar in ons boerdery.” Daarbenewens neem alle werknemers jaarliks aan basiese persoonlike ontwikkelingsprogramme deel, waar elke span hul rol in die groter geheel verstaan.

JUL 2026 GROND TOT MOND 61