Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 60

NUUS | BROKKIES

MENSE IS DIE HART VAN DIE BOERDERY

Harde werk en’ n goeie verhouding met sy werkers, wat hy graag eerder sy“ kollegas” noem, is vir hom uiters belangrik.“ Dit is soms nodig om ekstra tyd in te sit, soos nou voor die vloede. Ons het daarin geslaag om met ekstra ure oor naweke die vrugte betyds by Kromco, ons verpakkings- en verkoopsvennoot in Grabouw, te lewer. Hul kliënte is ons kliënte en daarom is dit ons doelwit om uitvoervrugte van optimale gehalte aan hulle te verskaf.” Die sleutel, sê hy, lê in vooruitbeplanning en die vermoë om vinnig by veranderende omstandighede aan te pas.“ Jy kan nie wag vir dinge om te gebeur nie; jy moet gereed wees.” Agter die boerdery se operasionele sukses lê’ n bestuursfilosofie wat op konsekwente uitvoering en sigbare leierskap gebou is. Vir Richard is leierskap nie’ n titel nie, maar’ n manier van optree. Hy glo’ n leier moet saam met spanne op die plaas werk en nie net instruksies van bo af gee nie.

20 % PROTEÏEN

VIR STERK SPIERE EN VOLHOUBARE ENERGIE
Gehaltebestanddele vir optimale voeding
@ TrustyPetFood @ trustypetfood www. trusty. co. za
0 GROND TOT MOND JUL 2026
Gesonde vel en blink pels Sterk bene en gesonde gewrigte
Beskikbaar in: 2kg, 8kg, 20kg, 40kg

Dit bou vertroue en respek.“ Jy moet daar wees. Jy moet sien wat gebeur. Jy kan nie net van ver af bestuur nie. As dit nat en koud is, moet jy jou stewels aantrek en daar wees saam met jou mense. Hulle moet sien jy is deel van die span. Jy moet wys hoe dit gedoen word en dan volg mense dit wat hulle sien.” Hutton-Squire Farms het 155 permanente werknemers, maar gedurende piekoestyd word sowat 400 seisoenwerkers gebruik.