bestuurstelsels glo Richard dat sukses uiteindelik by eenvoud begin.“ Ons fokus op appels en pere. Dis wat ons doen. Ons probeer dit goed doen.” In’ n bedryf waar klimaat, weer, markte en koste voortdurend verander, glo hy dat mense die enigste werklike konstante is.“ Jy kan nie die mark beheer nie. Jy kan nie die weer beheer nie. Maar jy kan jou mense bou.” Met só’ n werkswyse en visie is dit duidelik waarom hierdie jong, belowende appel- en peerboer met die toekenning onder die arm huis toe gegaan het.
ANTON BOU VOORT OP FAMILIE-ERFENIS
Anton is’ n derdegeslagboer wat die Astro-boerdery in die Hendrina-distrik saam met sy pa, Anton Pelser sr., bestuur. Die onderneming is op Broodsnyersplaas in die Mpumalanga-Hoëveld gevestig en bestaan