Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 58

NUUS | BROKKIES

Richard volg elke deel van die produksieproses noukeurig, van vrugteverpakking tot die gesondheid en ontwikkeling van bome in die boord.

Dit is veral vir die rol wat sy ouers, Johnny en Di, en sy vrou, Daniela, in die boerdery speel, waarvoor hy dadelik erkenning gee. Hy sê Daniela verdien die helfte van hierdie toekenning, aangesien sy net soveel tyd en energie in die besigheid insit om Hutton-Squire Farms( Pty) Ltd’ n suksesstorie te maak. Sy is die boerderyonderneming se besigheidsbestuurder. Richard het aan Bishops Diocesan College in Kaapstad gematrikuleer en aanvanklik ingenieurswese aan die Universiteit van Kaapstad studeer. Ná sy eerste jaar is hy egter na die Verenigde State, waar hy op een van die grootste appelproduserende plase gewerk het.

58 GROND TOT MOND JUL 2026