Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 50

NUUS | BROKKIES

Kleurvolle gare van Adéle’ s Mohair wys die waarde van handbreiwerk en ontwerp.

Katrina Nel het tydens’ n paneelbespreking oor ontwerp en waardeskepping gesê kopers verstaan die produksieproses beter wanneer hulle die uitgestrektheid en skoonheid van die Karoo ervaar. Dié landskap, waar produksie, bewaring en oorlewing verweef is, onderskei Suid-Afrikaanse sybokhaar.

DIE INGEWIKKELDE VRAAG OOR VOLHOUBAARHEID

Coetzee het verwys na lewensiklusassesserings wat in opdrag van die bedryf gedoen is om sybokhaar se omgewingsimpak beter te verstaan.’ n Studie deur Integrity Ag het 40 produsente, twee verwerkers en twee spinners ingesluit, terwyl’ n tweede studie deur SPIN360 vyf produsente, twee verwerkers en twee spinners betrek het.

50 GROND TOT MOND JUL 2026