BROKKIES | NUUS
Cayly Warner van SAMIL het verduidelik dat kopers steeds na mikron en prys vra, maar toenemend ook na herkoms en bewys. Sertifisering en naspeurbaarheid speel daarom’ n al hoe belangriker rol. In 2025 was 85 % van die sybokhaar wat op amptelike veilings verkoop is, RMSgesertifiseer. Die RMS-aanwyser vir die somerseisoen was 9,63 % hoër as die nie-RMS-aanwyser.
R1 330 / kg
is die nuwe rekordprys vir sybokhaar, wat gesamentlik gehou word deur Fred Colborne en Michau Nortje van Willowmore, en Jordi van Hasselt van Prins Albert.
Lauren Moore, hoof van kommunikasie en volhoubaarheid by Mohair South Africa, het gesê die bedryf wil voorbereid wees en die natuurlikeveselsektor lei. Volgens haar lê geleenthede onder meer in digitale produkpaspoorte, risikobestuur, gesamentlike investering, regeneratiewe landbou en die ontwikkeling van Suid-Afrika as’ n spilpunt vir natuurlike vesels.
VAN DIE KAROO NA DIE WÊRELD
China bly die grootste koper van Suid-Afrikaanse sybokhaar. In 2025 was dié mark verantwoordelik vir 53 % van Suid-Afrika se uitvoer van gekamde sybokhaarvesel, oftewel sybokhaartops. Italië was tweede met 26 %, gevolg deur Taiwan, die Verenigde Koninkryk en Bulgarye. Wanneer internasionale kopers die Karoo besoek, word hulle nie net deur die vesel beïndruk nie, maar ook deur die landskap en die manier waarop angorabokke deel van’ n groter ekosisteem vorm.
JUL 2026 GROND TOT MOND 49