NUUS | BROKKIES
Van links: Hanli Fourie van Luminousware, Natalie Green van Inke Knitwear, Katrina Nel van Sunday Child, Adele Cutten van Adéle’ s Mohair en fasiliteerder Leandi Mulder van die Design Academy of Fashion tydens die paneelbespreking“ Verder as die baal: Waardeskepping deur ontwerp, vervaardiging en storievertelling”.
Sybokhaar se waarde lê daarom nie in volume alleen nie, maar in gehalte, herkoms, luuksheid en die verhaal agter dié premiumvesel. Die gemiddelde prys van rou sybokhaar is sowat $ 24 / kg, teenoor $ 17 / kg vir alpakavesel, $ 35 / kg vir kasjmier, $ 10 / kg vir wol en ongeveer $ 2 / kg vir katoen en sintetiese vesels. Volgens Hobson was daar die afgelope jaar sterk vraag na goed voorbereide skeersels van fyner sybokhaar, met’ n nuwe rekordprys van R1 330 / kg.
BEWYS, HERKOMS EN STANDAARDE
Een van die konferensie se belangrikste temas was dat internasionale kopers nie meer net vesel koop nie. Hulle wil weet waar dit vandaan kom en of aansprake oor produksie en volhoubaarheid bewys kan word.
48 GROND TOT MOND JUL 2026