BROKKIES | NUUS
Bo links: FEC Farming( Pty) Ltd het die eerste plek by die Mohair Excellence Awards verower. Bo regs:’ n Goed voorbereide sybokhaarskeersel wys waarom Cape Mohair se waarde in gehalte, herkoms en die verhaal agter elke vesel lê.
Chris Hobson, voorsitter van Mohair South Africa, het Suid-Afrika as die onbetwiste leier in wêreldwye sybokhaarproduksie beskryf. Die konferensie het daarom gefokus op hoe Kaapse sybokhaar deur gehalte, naspeurbaarheid, dierewelsyn, volhoubaarheid en ontwerp kan aanhou voorloop.
2,7 miljoen kg
Die hoeveelheid Cape Mohair wat in 2025 in Suid-Afrika geproduseer is.
’ N KLEIN BEDRYF MET GROOT INVLOED
Marco Coetzee, hoofbestuurder van Mohair South Africa, het die bedryf se internasionale posisie in perspektief geplaas. Wêreldwyd word sowat 4,7 miljoen kg sybokhaar geproduseer, teenoor 6,4 miljoen kg alpakavesel, 25 miljoen kg kasjmier, 1,2 miljard kg wol, 24,5 miljard kg katoen en 78 miljard kg poliëster.
JUL 2026 GROND TOT MOND 47