NUUS | BROKKIES
Sybokhaar gevorm deur die Karoo, bewonder deur die wêreld
“ Cape Mohair word nie bloot in die Karoo geproduseer nie. Dit word deur die Karoo gevorm.”
Dié boodskap uit Mohair South Africa se handelsmerkveldtog het soos’ n goue draad deur die organisasie se 2026-konferensie geloop. Die fokus het verder as produksie en markte gestrek na die groter verhaal van Suid- Afrikaanse sybokhaar: die Karoo, angorabokke en die mense wat waarde uit elke vesel skep.
Van links is Bobby-Luke Colborne, Michau Nortje, Jordi van Hasselt en Jean Windvogel by die Mohair Excellence Awards.
46 GROND TOT MOND JUL 2026