BROKKIES | NUUS
Die studies het metaanvrystellings en grondgebruik as die grootste impakaanwysers uitgelig. Sprekers het egter gewaarsku dat natuurlike vesels nie bloot met sintetiese vesels vergelyk kan word sonder dat die volle prentjie in ag geneem word nie. Roland Kroon van Healing Hooves het gesê die wêreld moet anders oor vee, grond en koolstofsiklusse dink.“ Die gesondheid van ons seisoenale reënvalstreke is heeltemal van weidende diere afhanklik.” Vir Kroon begin regeneratiewe landbou met’ n verandering in denkwyse eerder as’ n vaste lys praktyke. Anders as poliëster en nylon, wat uit niehernubare bronne vervaardig word, is sybokhaar natuurlik, hernubaar en bioafbreekbaar. Goeie sybokhaarprodukte kan boonop jare lank hou.
DIEREWELSYN EN DEURSIGTIGHEID
Die PETA-kwessie het ook deel van die bespreking gevorm. Hobson het verwys na’ n veldtog in Januarie 2026 waarin bewerings van swak dierewelsynspraktyke op vyf RMS-gesertifiseerde plase gemaak is. Mohair South Africa se standpunt was dat enige vorm van dieremishandeling onaanvaarbaar is. Die bedryf het saam met die Nasionale Dierebeskermingsvereniging gewerk, onafhanklike veeartsenykundige inspeksies onder leiding van dr. Mackie Hobson laat doen en onafhanklike oudits deur Control Union ondersteun. Die ondersoeke het bevind dat drie van die vyf plase geen gevalle van nie-nakoming getoon het nie. By een plaas is’ n geringe geval van nie-nakoming geïdentifiseer en regstellende stappe gedoen. Een plaas se RMS-sertifisering is opgeskort nadat ernstige oortredings bevind is. Die konferensie se boodskap was dat geloofwaardigheid deur deursigtigheid, onafhanklike ondersoeke, vinnige optrede en voortdurende verbetering gebou word.
JUL 2026 GROND TOT MOND 51