BROKKIES | NUUS
Die drie kompetisies is die Beste Enkelwolbaalkompetisie, gemik op wolprodusente; die Wolinnovasiekompetisie, gemik op die algemene publiek; en die Skolekunskompetisie, gemik op leerders. Die afgelope twee jaar is die galafunksie by Rusoord gehou,’ n skaapplaas net buite Middelburg wat aan Jannie en Marlize Moolman behoort. Rusoord se onthaalfasiliteit bied’ n unieke atmosfeer vir die galafunksie en is self diep verweef met wolgeskiedenis en-tradisie. Dit is vir ons by OVK lekker om te sien hoe die verskillende rolspelers in die bedryf, asook die algemene publiek, die fees geniet en hoe dit jaarliks groei en ontwikkel. Dit is’ n unieke geleentheid op die jaarlikse feeskalender wat aan die publiek iets anders as die gewone stalletjies en vermaak bied. Dit is vir ons’ n groot voorreg om die wenners en finaliste van die verskillende 2026-kompetisies met hul prestasies geluk te wens:
Bo: Innovasiewenner Talitha Potgieter.
JUL 2026 GROND TOT MOND 43