Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 44

NUUS | BROKKIES

OVK WOLINNOVASIEKOMPETISIE

• 1ste plek: Talitha Potgieter – R20 000

• 2de plek: Oreneilwe Nancy Murwa – R10 000

• 3de plek: Rika van Rooyen – R5 000

OVK BESTE ENKELWOLBAALKOMPETISIE

• 1ste plek: DL Conroy Testamentary Trust( Mon Desir) – Anamarie Conroy – R25 000

• 2de plek: Anker Karoo( Plaatfontein) – Jozua Theron – R15 000

• 3de plek: Fonteinskloof Trust( Fonteinskloof) – Ian le Roux – R10 000

SANTAM OVK SKOLE-WOLKUNSKOMPETISIE

• 1ste plek: Kirsten Southey( Karoo Tuisskool Middelburg) – R10 000

• 2de plek: Hansen Viljoen( Karoo Tuisskool Middelburg) – R5 000

• 3de plek: Karla Potgieter( Hoër Volkskool, Graaff- Reinet) – R2 500 Dit is ook opvallend dat sommige deelnemers die afgelope paar jaar meer as een keer onder die top drie geëindig het. By die enkelwolbaalkompetisie sowel as die innovasiekompetisie word die beoordeling anoniem deur onafhanklike beoordelaars gedoen. Hulle ken dus nie die identiteit van die persoon agter enige spesifieke inskrywing nie. Anker Karoo het reeds drie keer onder die top drie van die enkelwolbaalkompetisie geëindig, terwyl Fonteinskloof dié prestasie twee keer behaal het. By die innovasiekompetisie het Talitha Potgieter en Rika van Rooyen albei reeds twee keer op die podium verskyn. Dit is besondere prestasies waarop hulle almal trots kan wees!

44 GROND TOT MOND JUL 2026