Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 42

NUUS | BROKKIES

OVK vereer wolbedryf se uitblinkers

Dit was vanjaar die vyfde agtereenvolgende jaar waarin die Karoo Winter Wolfees aangebied is, en OVK is reeds al vyf jaar by die fees betrokke. Die afgelope vier jaar bied OVK, as deel van die fees, ook die OVK-galafunksie aan. Hierdie funksie dien as die opening van die fees, maar is ook’ n glansryke viering waartydens die wenners aangewys en pryse vir drie jaarlikse kompetisies oorhandig word.

Heel bo: Wenner van die Beste Enkelwolbaalkompetisie, DL Conroy Testamentary Trust. Regs: Wenner van die Santam OVK Skolewolkunskompetisie.

42 GROND TOT MOND JUL 2026