BROKKIES | NUUS
Die kinderboek Luca the Lamb, wat in Afrikaans as Sakkie die Skapie uitgegee is, is ook tydens die fees bekend gestel. Die boek is deur feesstigter Sarah van Lingen geskryf. Danksy borgskappe kon meer as 200 eksemplare aan kinders in landelike gemeenskappe geskenk word.
DIE WOLJOL SLUIT DIE FEES AF
Feesgangers kon ook aan skaaptelkompetisies en plaastrekkerritte deelneem. Die WolJol het die fees met lewendige musiek deur Rooksein en Dodo Nyoka afgesluit. Die vyfde Karoo Winter Wolfees het besoekers nie net meer oor wol en natuurlike vesels geleer nie, maar ook die waarde van plaaslike produkte, gemeenskap en’ n rustiger leefritme beklemtoon.
Besoek www. karoowinterwoolfestival. com of stuur’ n e-pos aan info @ karoowinterwoolfestival. com.
JUL 2026 GROND TOT MOND 41