Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 40

NUUS | BROKKIES

Die Nasionale Wolkwekersvereniging se Boerepraatjies het op aktuele landboukwessies gefokus. Een paneel het onder leiding van Dan Kriek bespreek wat werklik en wat bloot’ n tendens in die media en landbou is.’ n Tweede gesprek het kunsmatige intelligensie en slim tegnologie in wolboerdery ondersoek.

’ n Besigheidswerksessie vir klein wolverskaffers en ondernemings in die natuurlike veselbedryf het deelnemers aangemoedig om hul kernfokus te identifiseer en hul ondernemings volhoubaar te ontwikkel.

’ N FEES MET’ N HART VIR DIE GEMEENSKAP

’ n Gesinsveldwedloop en stapgeleentheid oor 3 km en 5 km het ongeveer 70 deelnemers gelok en R2 000 vir die Emmanuel Children’ s Home ingesamel.

Die kinderhuis het ook 34 wolmusse ontvang wat deur die fees se Knit a Square-projek gemaak is. Die inisiatief het handwerkliefhebbers aangemoedig om blokkies vir musse en komberse te brei wat aan behoeftige gemeenskapslede geskenk word.

40 GROND TOT MOND JUL 2026