Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 39

BROKKIES | NUUS

Tydens die Kraal Conversations het wolprodusente, ontwerpers en veselverwerkers die wolwaardeketting, skeppingsprosesse en die verbintenis tussen die Karoo, sy mense en natuurlike vesels bespreek.

KAROO-KOS, KUNSVLYT EN GESPREKKE

Musiek deur’ n plaaslike blaasorkes, kos wat oor die vuur voorberei is, roosterkoek en glühwein het’ n egte Karooatmosfeer geskep. Feesgangers kon ook aan spin- en hekelwerksessies deelneem.

Die eerste Good News Karoo-gesprekke het temas oor die streek, landbou en gemeenskapsontwikkeling ondersoek. Inspirerende Karoo-vroue en ander kenners het hul ervarings gedeel, terwyl besoekers ook na plaaslike verhale kon luister en aan’ n voëlkykervaring kon deelneem.

TRADISIE ONTMOET TEGNOLOGIE

Skeerdemonstrasies deur Cor Uys van Tip Top Shearing en skaaphonddemonstrasies deur André Leasch het oud en jonk vermaak.

JUL 2026 GROND TOT MOND 39