NUUS | BROKKIES
In die Enkelwolbaalkompetisie het die DL Conroy Testamentêre Trust van Mon Desir die eerste plek behaal. Anker Karoo van Plaatfontein was tweede en Fonteinskloof Trust derde.
Ná die prysuitdeling is kunswerke opgeveil ten bate van die OVK-rampverligtingsfonds.
’ N WÊRELD VAN NATUURLIKE VESELS
Die groter aantal uitstallers en 28 uitverkoopte werksessies was vanjaar van die fees se hoogtepunte. Besoekers kon gehalteprodukte van natuurlike vesel verken, aan praktiese werksessies deelneem en landbougesprekke, vermaak en plaaslike kos geniet.
Die Wool World: Karoo Kraal-uitstalling is in’ n werkende skeerskuur aangebied en het mode, ontwerpelemente, artefakte en argeologiese vondste saamgebring. Die uitstalling, saamgestel deur Viviers Studio en Hoven Design, het die reis van natuurlike vesels vanaf die grond tot op die winkelrak belig.
38 GROND TOT MOND JUL 2026