Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 37

BROKKIES | NUUS

Besoekers het van regoor Suid-Afrika en selfs Lesotho gereis om die wonder van wol te vier en iets van die Karoo se rustiger leefritme te ervaar.

WENNERS EN WOLPRODUSENTE VEREER

’ n Kunsveiling en toekenningsaand het die fees tydens’ n gala-geleentheid by Rusoord Venue afgeskop. OVK het die geleentheid geborg, waartydens die wenners van sy jaarlikse kompetisies aangekondig is.

Kirsten Southey van Karoo Tuisskool het die Santam OVK Skolewolkunskompetisie gewen, gevolg deur Hansen Viljoen van dieselfde skool en Karla Potgieter van Hoër Volkskool Graaff-Reinet.

Talitha Potgieter het die eerste plek in die Innovasiekompetisie behaal, met Oreneilwe Nancy Murwa tweede en Rika van Rooyen derde.

JUL 2026 GROND TOT MOND 37