Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 36

NUUS | BROKKIES

Karoo Winter Wolfees groei van krag tot krag

Oud en jonk het op 3 en 4 Julie by Dwarsvlei-plaas naby Middelburg in die Oos-Kaap saamgetrek vir die vyfde Karoo Winter Wolfees. Die jaarlikse fees vier en ondersteun Suid-Afrika se natuurlike veselbedryf deur landbou-uitstallings, kundige gesprekke, kunsvlytwerksessies, plaaslike kos, mode en musiek. Cape Wools South Africa was vanjaar die hoofborg en vennoot.

36 GROND TOT MOND JUL 2026