BROKKIES | NUUS
LUISTER NA VAN SUID-AFRIKA SE VOORSTE SPREKERS
Die kongresprogram bied‘ n unieke geleentheid om te leer by van die land se mees gerespekteerde denkleiers. Riaan Manser, bekende avonturier en motiveringspreker, sal jou inspireer met sy verhaal van deursettingsvermoë, moed en leierskap onder moeilike omstandighede.
Johann Kotzé, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri SA, sal sy perspektief deel oor die uitdagings en geleenthede wat die landbousektor tans in die gesig staar.
Annelize Crosby van Agbiz sal die jongste verwikkelinge rondom waterwetgewing bespreek en verduidelik wat dit vir produsente en watergebruikers kan beteken.
Daarbenewens sal verskeie ander kenners praat oor tegnologie, kunsmatige intelligensie, waterbestuur, besproeiingsontwerp en die toekoms van die bedryf.
BESOEK DIE UITSTALLING EN TREK VOORDEEL UIT SPESIALE AANBIEDINGS
Van Suid-Afrika se voorste besproeiings- en landboumaatskappye sal hul nuutste produkte, tegnologie en oplossings uitstal. Bekende maatskappye soos Rivulis, Netafim, Macsteel Fluid Control, Agrinet, Rovic en vele meer sal teenwoordig wees. Verskeie uitstallers beplan spesiale kongresaanbiedings en promosies, wat hierdie die ideale geleentheid maak om nuwe produkte te sien, pryse te vergelyk en direk met verskaffers te gesels.
NOU IS DIE TYD OM TE BELÊ IN KENNIS
Ons verstaan dat die huidige tye nie maklik is nie. Hoë brandstofpryse, duur kunsmis, stygende insetkoste, wateruitdagings en wêreldwye konflik plaas druk op elke besigheid en boerdery. Maar juis in uitdagende tye word kennis, innovasie en die regte kontakte nóg belangriker. Die suksesvolste produsente en ondernemings is dikwels dié wat
JUL 2026 GROND TOT MOND 25