NUUS | BROKKIES
Waarom jy nie die SABI Kongres & 50ste Viering moet misloop nie!
Die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut( SABI) vier vanjaar‘ n merkwaardige mylpaal – 50 jaar van Besproeiingsinnovasie en Uitnemendheid. Van 3 – 6 Aug. 2026 kom die besproeiingsbedryf van regoor Suid- Afrika by die Boardwalk Hotel in Gqeberha byeen om hierdie besondere geleentheid te vier, te leer, te netwerk en saam vorentoe te kyk.
’ N SPESIALE UITNODIGING AAN BOERE
Indien jy slegs een dag kan afstaan, maak seker dit is Woensdag, 5 Augustus 2026.
Hierdie dag is spesiaal saamgestel met die produsent in gedagte en fokus op die uitdagings en geleenthede wat boere daagliks ervaar. Jy sal die geleentheid hê om te luister na kundiges wat praktiese insigte deel oor waterbestuur, landbou, tegnologie en die toekoms van voedselproduksie.
24 GROND TOT MOND JUL 2026