Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | страница 127

VUURWAPENHANTERING | ROTSVAS INDOOR RANGE

• Opleiding word deur gekwalifiseerde instrukteurs aangebied.

• Die baan is beskikbaar vir kursusgangers, klublede en ander goedgekeurde gebruikers. Voor enige oefensessie word gebruikers oor die baanreëls, veiligheidsvereistes en verantwoordelike hantering van toerusting ingelig. Willem se mediese opleiding stel hom ook in staat om kursusgangers bewus te maak van toepaslike noodoptrede wanneer iemand tydens’ n gewelddadige voorval beseer word.“ Wat mense in rolprente sien, is nie altyd korrek nie. Die doel is om mense kalm en verantwoordelik te laat optree totdat professionele mediese hulp beskikbaar is,” sê hy.

Onder: Eric van Zyl demonstreer die regte manier om’ n handwapen vas te hou.

JUL 2026 GROND TOT MOND 127