Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | 页面 128

ROTSVAS INDOOR RANGE | VUURWAPENHANTERING

HULP MET LISENSIES EN VERVALDE DOKUMENTE

Die lisensiëring van vuurwapens is’ n belangrike deel van verantwoordelike eienaarskap.’ n Aansoeker moet die voorgeskrewe bevoegdheidsopleiding voltooi en aan die toepaslike wetlike vereistes voldoen. Daar bestaan ook dikwels onsekerheid oor vuurwapenlisensies wat verval het.“ Individuele omstandighede verskil. Die beste is om jou naaste aangewese vuurwapenoffisier by die SAPD te nader vir leiding. Ons kan mense help om die proses beter te verstaan en hulle na die toepaslike kanale verwys,” verduidelik Eric. Die broers beplan om hul opleidingsaanbod mettertyd uit te brei. Moontlike toekomstige kursusse sluit meer gevorderde skietopleiding en boogskiet in.’ n Binnenshuise baan vir langer afstande word ook oorweeg.

OEFENING BLY NOODSAAKLIK

Volgens die broers beteken ervaring met’ n jaggeweer nie noodwendig dat iemand’ n handwapen ewe vaardig kan hanteer nie. Die twee vereis verskillende vaardighede en gereelde oefening.“ Baie ervare jagters besef eers op die baan hoe anders dit is om met’ n handwapen akkuraat te skiet,” sê Willem.

0 GROND TOT MOND JUL 2026