Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 126

ROTSVAS INDOOR RANGE | VUURWAPENHANTERING

OPLEIDING OOR DIE VOLLE PROSES

Rotsvas se opleiding begin by die basiese beginsels van vuurwapeneienaarskap en veilige hantering. Kursusgangers ontvang inligting oor:

• wat die lisensiëringsproses behels

• die vereistes vir vuurwapenbevoegdheid

• veilige bewaring en vervoer

• die verantwoordelikhede van’ n vuurwapeneienaar

• die regsbeginsels wat op selfverdediging van toepassing is

• veilige optrede op’ n skietbaan

“ In’ n breukdeel van’ n sekonde moet jy’ n lewensveranderende besluit kan neem.”

“ Baie mense wil weet wat hulle wettiglik mag doen wanneer hulle in hul huis bedreig of aangeval word. Elke situasie verskil, en daarom is dit belangrik om die regsbeginsels en moontlike gevolge te verstaan,” verduidelik Eric. Die binnenshuise baan maak dit moontlik om opleiding en oefensessies regdeur die jaar aan te bied, ongeag die weer.

ROTSVAS IN’ N OOGOPSLAG

• Die klub is in Maart geopen.

• Meer as 200 mense het die openingsnaweek bygewoon.

• Die skietbaan is 20 m lank.

• Vier skietbane is beskikbaar.

• Streng veiligheidsreëls geld vir alle gebruikers.

126 GROND TOT MOND JUL 2026