VUURWAPENHANTERING | ROTSVAS INDOOR RANGE
Bo: Kursusgangers ontvang praktiese opleiding op Rotsvas se 20 m-binnenshuise skietbaan, waar veilige vuurwapenhantering, akkuraatheid en gereelde oefening voorop staan.
’ N GEDEELDE PASSIE VIR VEILIGHEID
Die broers se belangstelling in vuurwapens en veiligheid het reeds in hul kinderjare begin.“ Ons het met jag en’ n sterk bewustheid van veiligheid grootgeword. Daarna het ons verdere opleiding ontvang sodat ons ander mense verantwoordelik kan oplei,” vertel Eric. Volgens Willem kom misdaad wat voorheen selde in landelike gebiede gesien is, nou meer gereeld voor. Dit sluit gewapende rooftogte en voertuigkapings in.“ Ons is gelukkig dat die plaaswagte en buurtwagte in die omgewing baie betrokke is en goed met die Suid- Afrikaanse Polisiediens saamwerk,” sê hy.
JUL 2026 GROND TOT MOND 125