ROTSVAS INDOOR RANGE | VUURWAPENHANTERING
“ Hoewel plaasaanvalle nog nie algemeen in ons omgewing voorkom nie, was daar die afgelope twee jaar ernstige voorvalle. Deur paraat te wees en die regte opleiding te ontvang, kan’ n mens jou risiko beter bestuur,” sê hy. Die Van Zyl-broers is vierdegeslagboere en produseer hoofsaaklik wyndruiwe, met pekanneute, sitrus en droogdruiwe as deel van die boerdery se diversifikasie. Eric se landboukennis en Willem se ervaring in opleiding, tegnologie en noodreaksie vorm saam’ n sterk grondslag vir Rotsvas.
Bo: Skuts kry die geleentheid om hul vaardighede met’ n verskeidenheid wapens op te skerp. Hierdie groepering staan uit.
124 GROND TOT MOND JUL 2026