Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 123

VUURWAPENHANTERING | ROTSVAS INDOOR RANGE

By Rotsvas Indoor Range, net buite Vredendal aan die Weskus, leer voornemende en bestaande vuurwapeneienaars dat verantwoordelike vuurwapenbesit veel meer as’ n lisensie verg. Die Van Zyl-broers, Eric en Willem, het die binnenshuise skietbaan en skietklub geopen om die gemeenskap oor veilige vuurwapenhantering, wetgewing en die belangrikheid van gereelde oefening op te lei. Hoewel hulle hoofsaaklik druiweprodusente is, lê landelike en gemeenskapsveiligheid hulle na aan die hart. Volgens Eric word landbouers en inwoners van landelike gebiede toenemend aan misdaad blootgestel.

Bo: Rotsvas Indoor Range, net buite Vredendal, bied’ n veilige binnenshuise ruimte waar vuurwapeneienaars opleiding ontvang en regdeur die jaar verantwoordelik kan oefen.

JUL 2026 GROND TOT MOND 123