GROND tot MOND Herfs 2022 Uitgawe 12 | Página 86

LOXTONIA | MÉTHODE TRADITIONELLE
Die bottels word in ’ n koel , donker plek gestoor en vir agt maande gereeld met die hand gedraai om seker te maak die gis en stukkies appel word versprei vir ekstra geur .
Na die giskontak-tyd , word die gis en stukkies appel na die nek van die bottel gedraai ( remuage ), gevries en die tydelike deksel word verwyder voor die finale kurk en draadjie opgesit word ( disgorgement ).
BORRELENDE SUKSES
Dis dan ook die rede hoekom die produkte van hierdie tradisionele styl duurder as vonkelwyn is – die proses is langer én die bottel is duurder , want dit moet die druk van die gistingsproses kan weerstaan en boonop is verpakkingskoste hoër . Larry se MTC word vir 18 maande verouder en is een van Suid- Afrika se eerste MTC ’ s .
Daar is gereeld een of twee bottels wat ontplof in die kratte waarin hulle verouder omdat die drukking in die bottels te hoog word ! Ons fotograaf staan
HIERDIE FOTO : Vyf verskillende appelvariëteite word in die siders gebruik – almal met suiwer appelsap as basis sonder enige bygevoegde kleursel , geursel of versoeters . REGS : By die proelokaal is daar ses sider proe-ervarings waaruit besoekers kan kies en pryse wissel van R60 tot R100 .
skepties-versigtig nader terwyl Peter Galawe vir haar wys hoe die proses werk .
Larry maak Blush , ’ n “ ballerina pienk ” MTC , spesiaal vir Ali se groot dag , maar die vieringe word weens die pandemie uitgestel . Hy laat toe maar later die aap uit die mou en laat haar toe om sy verrassing te proe . En sy was behoorlik oorstelp met hierdie liefdesdaad van haar pa .
Die Blush se proppe kon darem in 2021 by haar troue klap . Die rug-etiket vertel dat die vonkelwyn Larry en sy vrou , Jill , se oudste dogter se elegante en borrelende persoonlikheid in elke bottel vasvang .
Hy maak ook ’ n Brut , wat heuningkleurig en droër as die Blush is . Blush steel egter gou die kalklig en wen twee goue medaljes by die ICC : as Challenge Supreme-kampioen asook die Challenge-trofee .
86 GROND TOT MOND HERFS 2022