GROND tot MOND Herfs 2022 Uitgawe 12 | Página 85

MÉTHODE TRADITIONELLE | LOXTONIA
vonkelwyn wat in die tradisionele Franse sjampanjestyl , Méthode Traditionelle , gemaak word , maar in plaas van druiwesap , bevat dit 100 % appelsap en dit word dus Méthode Traditionelle Cider ( MTC ) genoem .
Die verskil tussen Méthode Traditionelle en vonkelwyn is dat vonkelwyn ’ n kunsmatige produk is , waar ’ n stilwyn in ’ n druktenk geplaas word en koolsuurgas ( CO 2 ) ingepomp word . Die wyn word dan uit die druktenk – onder dieselfde druk – gebottel .
Méthode Traditionelle beteken die basis , in hierdie geval sider en nie wyn nie , ondergaan ’ n natuurlike tweede gistingsproses in die bottel , waar die borrels dan natuurlik ontwikkel . Suiker en wilde gis word by die “ basiswyn ” gevoeg , sodat bottelgisting kan plaasvind .
HERFS 2022 GROND TOT MOND 85